Episode 10

full
Published on:

30th Apr 2021

30/04 - Ramaphosa voor Zondo; Covid-19 inenting gratis vir alle SA'ners; en Oscar-eerste vir SA

Pres. Cyril Ramaphosa lewer getuienis voor die Zondo-kommissie, en 'n ontleder sê waarom dit belangrik is; Die vervreemde vrou van minister Malusi Gigaba verskyn ook voor kommissie; Brittanje stel sanksies teen Guptas en 18 ander korruptes in; Kubaanse ingenieurs ingevoer om SA se waterkrisis op te los; Mango se vlugte tydelik gestaak oor skuld; Johnson en Johnson inentings hervat in SA - en sal gratis wees vir alle landsburger; En die plaaslike dokumentêre rolprent, My Octopus Teacher, wen Oscar.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.