Episode 78

full
Published on:

21st Oct 2022

“Daar is groot fout” Só sê aktivis Caroline Peters ná jongste vlaag kindermoorde.

Daar was die laaste ruk verskeie voorvalle van kindermoorde in die nuus, maar met ander groot nuus (Zuma se korrupsieverhoor is uitgestel en die Steinhoff-sage) het dit nie die hoofopskrifte gehaal nie. Die grusame moord op Bokgabo Poo (4) van die Gautengse Oos-Rand wat ontvoer, verkrag en vermink is het my opnuut laat besef hoe ernstig die “epidemie” van geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika is, en hoe belangrik dit is om dit aan die groot klok te hang. Die uitvoerende direkteur van die Callas Foundation Caroline Peters werk elke dag met voorvalle van geslagsgeweld, en vertel vir my wat die situasie op voetsoolvlak is.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.