Episode 57

full
Published on:

20th May 2022

“Covid: 5de vlaag is hier” Só vertel dr. Jantjie Taljaard, spesialis en hoof van aansteeklike siektes by Tygerberg-hospitaal vir Mia Spies

Daar is 'n skerp styging in die getal Covid-19-gevalle. Beteken dit dat die nasionale vyfde vlaag van die pandemie hier is? En wat kan ons van dié virusgolf verwag? Dan is daar ook kommer oor ‘n ánder virus, ‘n vreemde soort hepatitis onder jong kinders. Wat weet ons daarvan? Dr. Jantjie Taljaard, hoof van infeksiesiektes van die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad, beantwoord Mia Spies se vrae.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.