Episode 67

full
Published on:

5th Aug 2022

Massaverkragting skok SA: Kriminoloog prof. Christiaan Bezuidenhout praat met Mia Spies oor die grusame bendeverkragting in Krugersdorp.

‘n Massaverkragting aan Gauteng se Wes-Rand het die land geskok. Agt vroue is verlede week verkrag en beroof terwyl hulle besig was om ‘n musiekvideo op te neem by die mynhope in Krugerdorp. Meer as 80 onwettige myners is in hegtenis geneem ná die voorval. 'n Kriminoloog aan die Universiteit van Pretoria prof. Christiaan Bezuidenhout praat met Mia Spies oor dié grusame bendeverkragting en oor Suid-Afrika se verkragtingskrisis.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.