Episode 76

full
Published on:

7th Oct 2022

”Vlaag ontvoerings in SA kommerwekkend.” Só waarsku Kriminoloog prof. Christiaan Bezuidenhout.

Die ontvoering van ‘n vrou verlede week in Kaapstad is die jongste van ‘n reeks ontvoerings hier op eie bodem. Die 35-jarige Oekraïense vrou se geel Audi is in Blue Downs tot ‘n stilstand gedwing toe twee karre weerskante van haar stilhou, sy is uit haar voertuig gepluk, twee skote is afgevuur voor haar ontvoerders met haar weggejaag het. Dit alles helder oordag. ‘n Video van die voorval word wyd op sosiale media gedeel. Die kriminoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria prof. Christiaan Bezuidenhout praat met Mia Spies oor die kommer wat ontstaan oor ontvoerings en gyselaarsituasies in die land en wat jy kan doen as dit jou oorkom.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.