Episode 71

full
Published on:

2nd Sep 2022

Is staatskapers se dae getel? Politieke ontleder Roland Henwood praat met Mia Spies oor die Transnet-arrestasies.

Wetstoepassingsagentskappe het hierdie week groot visse inkatrol in verband met staatskaping. Transnet se voormalige hoof Brian Molefe, en voormalige finansiële hoof Anoj Singh is saam met twee ander in hegtenis geneem vir korrupsie en bedrog van meer as R93 miljoen. Die nasionale vervolgingsgesag sê nog arrestasies kom. Mia Spies vra die politieke ontleder van Universiteit van Pretoria Roland Henwood of die net uiteindelik nouer span om die mense wat staatsinstellings in die Zuma-era geplunder het.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.