Episode 34

full
Published on:

15th Oct 2021

15/10 - Ministers in gyselaarsdrama met militêre veterane; Chaos in Gqeberha; én 90-jarige akteur oudste mens in ruimte

Ministers gyselaar gehou deur oudstryders; Zuma vaar uit teen howe tydens sy biddag in KZN; Chaos breek in Gqeberha uit ná ongeluk; Wes-Kaap owerhede pak Cele oor polisiehulpbronne; LUR van Mpumalanga in hegtenis vir dubbele moord; Beurtkrag kan weer op kort kennisgewing geïmplementeer word, waarsku Eskom; Numsa-staking gaan voort; Verpligte inentings by universiteite bespreek; Olimpiese atleet van Kenia vermoor; Star Trek-akteur oudste mens óóit in buitenste ruim én Hittegolf-toestande heers, waarsku weerdiens.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.