Episode 35

full
Published on:

5th Nov 2021

05/11 - Verkiesingsuitslae verklaar, nou moet partye saamwerk, vra Ramaphosa; Nuwe rekord brandstofprys; én SA skrywer wen gesogte Booker-prys

Uitslag van plaaslike verkiesings verklaar, nou moet partye bedmaats kies; Magashule-saak uitgestel tot Februarie; Na skerp styging is brandstof duurste óóit; Kaal vrou skop bohaai op in Kaapse bank; SA het laagste positiewe Covid-persentasiekoers sedert pandemie begin, WGO bekommerd oor Covid-syfers in Europa; Vermiste 4-jarige in Australië gevind; COP26 beloof miljarde om SA groener te maak; en Een van ons eie skrywers wen gesogte Britse Booker-prys, vind uit wie dit is.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.