Episode 17

full
Published on:

18th Jun 2021

18/06 - Vlak 3 vir 3de-vlaag wat hard tref; Onnies kry eersdaags entstof én Steeds g’n teken van ‘Tembisa 10-ling’

Suid-Afrika skuif na 3 van die inperking soos wat derde vlaag infeksies landwyd hard tref; Besending van 300 000 Johnson & Johnson entstowwe arriveer binnekort vir personeellede in die onderwyssektor; Die regering verkoop 51% van SAL; Zondo-kommissie vra vir nog ‘n uitstel; 3de grootste diamant óóit in Botswana gevind; Zambië se voormalige president sterf; Tembisa-tienling-debakel “laagtepunt” vir SA joernalistiek, sê Sanef én kankerlyer bekoor wêreld met haar nagtegaal stem.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.