Episode 18

full
Published on:

25th Jun 2021

25/06 - Covid-infeksies klim; Skimpe oor strenger inperking; én Cyril se ‘gesteelde’ iPad sorg vir oorwurm

Derde golf Covid-19-infeksies tref Gauteng hard; Strenger inperkingsmaatreëls voorgestel; Duisende onderwysers en personeel ingeënt en wetstoepassingsbeampteglo volgende in tou; Skole bly egter oop vir nou; Suid-Afrika kry nasionale hawe-owerheid; Gigaba sê hy het niks van Guptas se plundery geweet nie; Magashule betwis sy skorsing in die hof; Nog ‘n massa-skietery in Kaapstad; G’n tienling hier gebore, sê Gauteng gesondheidsdepartement en Cyril se ‘gesteelde’ iPad sorg vir nog ‘n vir oorwurm.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.