Episode 61

full
Published on:

17th Jun 2022

”Dit is regtig gespanne, ons slaap maar met oop oë.” Só vertel Michele Potgieter vanuit Oekraïne in ‘n opvolggesprek met Mia Spies oor dreigende aanvalle op haar dorp.

Elke maand vandat die oorlog in Oekraïne uitgebreek het, gesels Mia Spies met Michele Potgieter, ‘n Suid-Afrikaner in Oekraïne oor die situasie daar. Toe ons die eerste keer gesels het, die dag wat Rusland Oekraïne ingeval het, was die situasie nog redelik kalm in haar tuisdorp Reni in die Odessa streek. Nou, bykans vier maande later, is dit nie meer die geval nie.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.