Episode 62

full
Published on:

23rd Jun 2022

Pres. Cyril Ramaphosa se stryd: Kan die gekweste ‘Buffel’ herstel? Mia Spies vra vir Hermann Pretorius van die Freedom Advocacy Network.

Junie was beslis nie president Cyril Ramaphosa se beste maand op kantoor nie. Dit het begin toe die oud-spioenbaas Arthur Fraser strafregtelike klagte teen hom aanhangig gemaak oor die sogenaamde ‘Farmgate’; en boonop bevat die finale staatskapingverslag ook nie baie goeie nuus vir hom nie. Hermann Pretorius, die voorsitter van die Freedom Advocacy Network gesels met Mia Spies oor die implikasies hiervan.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.