Episode 47

full
Published on:

25th Feb 2022

Dis 2 jaar later: Wanneer kry Covid-19 nou sy ry? Mia Spies vra dr. Jantjie Taljaard, infeksie-siektekenner en hoof van aansteeklike siektes by die Tygerberg-hospitaal

Dis volgende week twee jaar sedert die eerste geval van Covid-19 in Suid-Afrika aangemeld is, en verlede week was dit een jaar gelede wat die eerste Suid-Afrikaner teen Covid-19 ingeënt is. Beteken dit die ergste is agter ons? Is 2022 die jaar wat Covid endemies word? Wat as daar ‘n gevaarlike nuwe variant kop uitsteek? En hoe lyk ‘n post-pandemiese wêreld? Vir antwoorde op hierdie vrae sluit dr. Jantjie Taljaard, die hoof van infeksiesiektes van die Tygerberg-hospitaal by my aan.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.