Episode 46

full
Published on:

18th Feb 2022

Is Wes-Kaap-Bes? Mia Spies vra Wes-Kaap premier Alan Winde oor die ‘semigrasie’ Kaap toe, en ook oor planne én probleme in dié provinsie

Dit voel deesdae of al hoe meer mense koers kies landuit, en die wat nie emigreer nie semigreer Wes-Kaap toe. Die vraag is: Is die Kaap se gras groener? Wat is die stand van infrastruktuur in die provinsie? Is daar genoeg werksgeleenthede? En watter groot planne voer provinsiale owerhede in die mou? Daar is baie vrae, ek het by die persoon aan stuur van sake in die Wes-Kaap premier Alan Winde gaan aanklop vir antwoorde nadat hy sy provinsiale rede gelewer het.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.