Episode 64

full
Published on:

8th Jul 2022

Ná polisieminister skree “shut up” praat SA éérs. Die man aan die ontvangkant van Bheki Cele se uitbarsting Ian Cameron gesels met Mia Spies.

Polisieminister Bheki Cele loop deur nadat hy vroeër die week sy humeur verloor het en geskreeu het op Ian Cameron van die drukgroep Action Society. ‘n Video van die onderonsie tydens ‘n gemeenskapsvergadering in Gugulethu in Kaapstad word wyd gedeel. Ian praat met Mia Spies oor sy konfrontasie met Cele wat die omstrede minister weer in die soeklig geplaas het.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.