Episode 50

full
Published on:

11th Mar 2022

Kommetdieding: Mia Spies praat met Ashwin Reynolds, die eienaar van die “mense se resiesperd” wat die land aan die gons het

Suid-Afrika het verlede jaar die eerste keer kennis geneem van die bruin hings met die unieke naam, Kommetdieding, toe hy eerste oor die wenstreep in die Durban July-perdewedren gestorm het. Daarna het nog seges gevolg, wat sy eienaar Ashwin Reynolds ‘n oorwinning ‘vir die mense’ noem. G’n wonder Kommetdieding, staan plaaslik bekend as 'die mense se perd' nie. Reynolds sê dis hoogtyd dat meer landsburgers betrokke raak by perdesport, en nie net die elite nie.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.