Episode 51

full
Published on:

18th Mar 2022

SA sit op die oorlogdraad: Mia Spies vra prof. Abel Esterhuyse waarom die regering nie standpunt inneem oor die Rusland-Oekraïne-oorlog nie

Rusland se aggressie teenoor Oekraïne word wêreldwyd veroordeel, selfs deur Switserland, ‘n land wat histories neutraal is. Die Suid-Afrikaanse regering word egter van draadsittery beskuldig deur nie kant in die konflik te kies nie. Prof. Abel Esterhuyse, voorsitter van die Universiteit Stellenbosch se departement strategiese studies in die fakulteit militêre wetenskap verduidelik wat die redes daarvoor kan wees.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.