Episode 53

full
Published on:

1st Apr 2022

Kunstefeeste ontwaak uit Covid-sluimer: Mia Spies gesels met Crispin Sonn, voorsitter van KKNK, die eerste kunstefees wat ná twee jaar terug is in lewende lywe

Weens die pandemie was kunstefeeste die laaste twee jaar óf afgestel óf aanlyn geskuif, maar vanjaar is feeste terug in lewende lywe. Eerste aan die beurt is die Klein Karoo Nasionale Kunstefees wat dié week op Oudtshoorn plaasvind. Dié sogenaamde grootvoëlparadys pronk behoorlik met sowat 20 000 feesgangers wat tans die 26ste KKNK bywoon. Mia Spies gesels met KKNK-voorsitter Crispin Sonn oor die feestelikheid, verligting en ook veiligheidsmaatreëls.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.