Episode 52

full
Published on:

25th Mar 2022

Hoe veilig is dit om te vlieg vandag? Mia Spies vra lugvaartkenner Wouter Botes

Vroeër die maand is duisende passasiers van Kulula en British Airways gestrand gelaat toe Comair se bedryfslisensie deur die Burgerlugvaartowerheid opgeskort is, ná ‘n reeks veiligheidsverwante voorvalle. Die opskorting is na vyf dae opgehef, maar kort daarna was Comair weer in die soeklig toe ‘n British Airways vliegtuig se landingstoerusting probleme ervaar het. Nou is baie passasiers huiwerig of bang om te vlieg. Die lugvaartkenner Wouter Botes, sê daar is geen rede tot kommer daarbo in die wolke nie.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.